Origami Design » Digital Downloadable Printable Wall Art Designs

Click here for English!

Ons is baie opgewonde dat ons die geleetheid het om vir die BD’s ouers albums te kan maak van hulle kinders se spesiale herinneringe!

 

Meer inligting oor die album:

  • Dit is ’n vierkantige album (15 cm x 15 cm) met 24 dik bladsye.  Daar is ’n voorbeeld van die album by ontvangs.  Gaan vra gerus vir Chantal as jy daarna wil kyk.
  • Jy kan ’n maksimum van 60 foto’s kies vir die album.  En jy kan self besluit watter foto’s vir jou belangrik of sentimenteel is.  Of dit nou die eerste dag van skool is, die atletiek of selfs Oupa se 80ste verjaarsdag.  Jy kan selfs die sertifikate wat jou kind ontvang het laat in ‘scan’ en dit kan ook in die boekie geplaas word.
  • Albums is R550 elke waarvan R50 vir die skool gaan.
  • Dit sal SLR kamera foto’s wees of selfs selfoon foto’s.  (verkieslik nie whatsapp nie, want dit verlaag die kwaliteit van die foto’s).
  • Foto’s moet in die regte volgorde wat u dit in die boekie verkies genommer word.  Die logistieke rondom die kry van die foto’s by die ouers en die ontwerp wal direk met elke ouer gekommunikeer word.  Daar sal een ‘draft/proof’ aan die ouers gestuur word om na te kyk voordat die boekie gedruk word.
  • Bestellings kan geplaas word by Laerskool Bredasdorp.
  • Betaling moet gemaak word wanneer die bestelling geplaas word.
  • Jy kan besluit watter jaar/jare jy graag in jou album wil hê.  Dit kan ’n album van elke jaar wees (Gr R, Gr 1, Gr 2) of die hele grondslag fase.  Of selfs die sport van die jaar.
  • Jy kan ’n boekie per kind maak of 1 boekie maar vir beide kinders vir 2019 (12 bladsye vir die een en 12 bladsye vir die ander een).
  • Albums sal by die skool afgelewer word en van daar versprei word.
  • Kontak gerus vir Chantal of Origami Album Design om jou bestelling te plaas.
  • Dit gaan ’n jaarlike instelling wees so beplan vooruit en bêre daardie foto’tjies solank vir volgende jaar!
  • Vir enige navra kontak gerus die skool of ‘click’ hier om ons direk te kontak!

Baie dankie!  Ons sien uit om jou album vir jou te ontwerp!